
Shafudah verwag sterk groei vanjaar, 4,5%
--:--
Namibië se ekonomie sal vanjaar na verwagting met 4,5 persent groei, het nuwe finansminister Ericah Shafudah in die parlement gesê, waar sy die nasionale begroting vir 2025/26 ter tafel lê. Die sterk groei is geanker in aktiwiteite in die mynbousektor, aangesien uraan- en goudpryse sowel as eksplorasie-aktiwiteite oor die algemeen gunstig bly. Verdere versterking word van die landbousektor word verwag op grond van normalisering van reënvalpatrone, terwyl die groothandel- en kleinhandelsektor na verwagting sal baat by verbeterde verbruikersvertroue.