Trustee van Sentebale weet niks van bewerings nie

--:--
Dr. Kelillo Lerotholi, voormalige trustee van Sentebale, het die bewerings ontken ná prins Harry se bedanking. Die prins het die liefdadigheidsorganisasie in Lesotho in 2006 gestig ter ere van sy oorlede ma, prinses Diana. Hy sê hy het Sentebale verlaat weens binnegevegte. Sy medestigter, prins Seeiso van Lesotho, het ook bedank. Die voorsitter, Sophie Chandauka, het lelike aantygings van seksisme, afknouery en meer gemaak. Lerotholi sê aan SkyNews dis nuus vir hom.
27 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene vir skerper kuberveiligheid in Namibië

Die regering het 20 miljoen Namibiese dollar belê om die land se kuberveiligheid op te skerp. Dié aanvangskapitaal maak Namibië se Cyber Security Incident-reaksiespan amptelik operasioneel en volg op die Namibiese Regulerende Owerheid van Kommunikasie, Cran, se eerste sessie oor kuberveiligheid die afgelope naweek. Cran se hoofwoordvoeder, Mufaro Nesongano, verduidelik:
31 Mar 8AM 1 min

Prysmonster se koffielus prut

Die pryse van warm drinkgoed begin styg namate die winter nader kom. Inflasie vir warm drinkgoed het in Februarie tot 14,8-persent op 'n jaargrondslag gestyg. Volgens ontleders is koffie 'n groot bydraer, met Suid-Afrika, 'n netto invoerder van koffie, wat worstel met verhoogde kostes. Thabile Nkunjana van die Nasionale Landboubemarkingsraad…
31 Mar 8AM 1 min

Gauteng moet begin kankerpasiënte behandel

ActionSA in Gauteng sê hy gaan die provinsiale LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, versoek om 'n dringende plan voor te lê om die agterstand in die behandeling van kankerpasiënte aan te spreek. Die Gautengse Hooggeregshof het die departement verbied om die 250 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is…
31 Mar 6AM 1 min

Britse regering hou migrant-misdaad beraad

Die Britse regering hou ‘n beraad oor georganiseerde misdaad met migrasie. Premier Keir Starmer sê vordering is gemaak sedert hy sy amp aangeneem het, met bendes op die agenda by internasionale beraad en sterker vennootskappe wat tot meer arrestasies regoor Europa gelei het. Hy sê die tipe mensehandel bedreig globale…
31 Mar 6AM 1 min

Luvindao gee opdrag dat senior amptenare van April '26 staatsfasiliteite gebruik

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het senior regeringsamptenare opdrag gegee om vanaf April 2026 openbare gesondheidsorgdienste te gebruik om vertroue in staatsfasiliteite te versterk. Sy het beklemtoon om deur voorbeeld te lei om aanspreeklikheid en deursigtigheid te verbeter. Luvindao het ook haar prioriteite uiteengesit.
31 Mar 6AM 1 min