Voorspelling vir onderwysfokus in begroting

--:--
Finansminister Ericah Shafudah sal waarskynlik op onderwys fokus in haar eerste nasionale begroting wat sy vanmiddag in die parlement ter tafel lê, meen die ekonoom Lameck Odada. Hy verwag voort groot verskuiwings van geld tussen begrotingsposte vanweë president Netumbo Nandi-Ndaitwah se konsolidering van verskeie ministeries.
27 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering alweer laat met toelaes

‘n Gesloer deur die regering beteken Namibië se mees weerlose burgers, insluitende pensioenarisse, gaan opnuut nie môre hul maandelikse maatskaplike staatstoelae kry nie. NamPost, wat verantwoordelik is vir die oorbetaling van die toelae, sê dis nie hulle skuld nie en dat die regering hulle in ‘n ongemaklike posisie plaas. Kosmos…
31 Mar 10AM 1 min

Nuwe era in Namibiese fietswedrenne

Fietsry-entoesiaste is baie opgewonde oor die nuus dat die Namport Nedbank PH Challenge in samewerking met die Lüderitz Kreeffees van stapel gestuur is. Die eerste wedrenne vind van 2 tot 3 Mei in Lüderitz plaas, gevolg deur 'n tweede been in Walvisbaai op 1 en 2 November. Die geleentheid is…
31 Mar 10AM 1 min

Nuwe lugredery vir Namibië beplan

Nuwe lewe gaan beslis nie in Air Namibia geblaas word, het die nuwe vervoerminister, Veikko Nekundi, vandag beklemtoon. ‘n Nuwe nasionale lugredery word wel beplan, het hy aan amptenare van die ministerie gesê, maar dit sal met die regering se doelwitte ooreenstem. Dit sal ook nie belastingbetalers meer as een…
31 Mar 10AM 1 min

Pasop vir krokodille in Noorde

Ná voorvalle met ‘n krokodil in die Omusati-streek oor die naweek, is daar ‘n waarskuwing gerig aan inwoners in die noordelike streke waar die efundja voorkom. In een geval is ‘n man gebyt ná hy ‘n krokodil geterg het na ‘n taxi hom per ongeluk raakgery het. Die dier is…
31 Mar 10AM 1 min

Tegniese vereistes pootjie SME’s met tenders

Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, het kommer uitgespreek dat die Sentrale Verkrygingsraad buitelandse maatskappye bevoordeel deur hindernisse in te stel wat plaaslike besighede sukkel om te oorkom. Marius Nangolo, woordvoerder van Naloba, voer aan dat, ondanks die voldoening aan basiese vereistes, word klein- en medium-ondernemings dikwels opsy gestoot weens tegniese…
31 Mar 9AM 1 min