
Polisie soek eienaar van eiendom waar mensehandel-slagoffers ontsnap het
--:--
Die polisie in Gauteng is op soek na die eienaar van 'n eiendom in Lombardy-Oos waar minstens 50 buitelandse burgers, wat vermoedelik slagoffers van mensehandel was, ontsnap het. Beamptes is ontbied nadat die buitelandse burgers, sommige halfnaak, ná die ontsnapping op straat rondgehardloop het terwyl sommige by 'n plaaslike winkel weggekruip het. 'n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê hulle het daarin geslaag om 32 van die buitelanders te red: