
Radionuus die gewildste in Namibië
--:--
Volgens Cirrus word die daaglikse nuusverbruik onder Namibiërs deur radio oorheers, met 60 persent van volwassenes wat daagliks inskakel. Ongeveer 15 persent van volwassenes lees daagliks 'n koerant, terwyl ongeveer 30 persent televisie kyk en 'n derde op sosiale media vertrou vir hul nuus. In 2024 het sosiale media televisie verbygesteek as die primêre daaglikse nuusbron, terwyl radionuus die mees gewilde nuusbron gebly het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tannan Groenewald, Cirrus se hoof van data en analise.