Wat Malema Sing en Colene Dink

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop af is as ooit tevore. We listen and we don’t judge… maar dit lyk of Matthys amptelik in grumpy old man-mode ingeskuif het.

Ons begin by Human Rights Day, wat verlede Vrydag, 21 Maart 2025, gevier is in Suid-Afrika – of liewer, ontwrig is, toe Julius Malema besluit het om weer uit te haal met een van sy gunsteling “songs”. En ja, dit het meer petrol as vrede op die vuur gegooi. Gelukkig was Cyril betyds met sy weeklikse nuusbrief, waar hy ons grondwetlik herinner dat rassehaat en aanhitsing steeds ongrondwetlik is. Dankie tog vir Cyril se “copy-paste” kalmte en rustige benadering tot alles.

Net toe jy dink dis genoeg raspolitiek vir een week, bring die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) hul “No More Race Laws Bill” – ’n poging om alle wetgewing met ras-kriteria te herroep of aan te pas. Dis reg – weg met kwotas, rasbokse en voorkeurteikens. Gaan lees en teken die petisie self hier: https://irr.org.za/whatsacanbe/no-more-race-laws

Ons gesels ook oor die BizNews Conference, waar Helen Zille, Neil de Beer, Gayton McKenzie en Rob Hersov darem ’n tikkie hoop vir die toekoms gebring het. Vir ’n oomblik het dit gevoel of Suid-Afrika dalk nie heeltemal verlore is nie. Maar dan sal die individue, groepe en stemme wat sin maak en ‘n beter toekoms vir ieder en elk sien in Suid-Afrika moet moue oprol en saam staan teen die “common enemy” of is die dalk eerder “kommin” met ‘n hoofletter K!
Ons sluit af met wat onteiening die belastingbetaler gekos, en Volvo se nuus. Spoiler alert: dis nie ’n bargain nie..

Dis insig, ironie, opinies en KLETS.
26 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons…
3 Dec 59 min

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 57 min

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min