Junior kokke kry kans om te skitter in Noord-Kaapse kompetisie

Loading player...
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap het ’n opwindende inisiatief van stapel gestuur om jong talentvolle kokke die kans te gee om hul kookvernuf ten toon te stel.
Die Junior Kok van die Jaar-kompetisie, in samewerking met Butler’s hotelskool en Jonsson Workwear, is oop vir leerders tussen 13 en 17 jaar oud. Inskrywings is reeds aan die gang en sluit op 31 Maart 2025.
Volgens Yolandé Botha van die RPO is die doel van die kompetisie om jongmense meer betrokke te kry by die voorbereiding van disse, veral dié wat rooi vleis insluit. “In ’n wêreld waar kitskos en poeierdrankies gewild is, wil ons die belangrikheid van rooi vleis as ’n voedsame proteïenbron beklemtoon.”
24 Mar 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Johan Marais gesels oor smokkelhandel van reptiele

Smokkelhandel van reptiele neem toe en dis in gevalle so erg dat sommige van die diere as hoogs bedreigd in Suid-Afrika verklaar is. Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, Hoof van die Afrika Slangbyt Instituut in Pretoria oor die aktiwiteite.
7 Dec 10PM 5 min

Johan van Graan tree na 27 jaar af by Vrystaat Landbou

Die voormalige finansiele bestuurder van Vrystaat Landbou, Johan van Graan, het na 27 jaar diens afgetree. Isabel van Tonder gesels met hom om te hoor wat is die hoogtepunte van sy loopbaan en wat is sy toekomsplanne.
7 Dec 10PM 3 min