Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39

Loading player...
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 00:42 Trump en Oekraïne
  • 04:10 ʼn Swak Europa
  • 07:56 Onvergenoegde kiesers, besluitlose leiers
  • 11:29 Ontwapening van Europa
  • 15:45 Trump nie anti-Europees nie
  • 17:47 Russiese bedreiging
  • 21:14 Koalisiepolitiek sukkel in Nederland
  • 25:14 Diepstaat ʼn Westerse probleem
  • 29:02 Vrees vir terreur in Europa
14 Mar 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | 10 vrae en antwoorde oor Iran-oorlog | Ep. 82

Jaco Kleynhans antwoord 10 tergende vrae oor die Iran-oorlog, insluitend oor wie die oorlog kan wen, die mees logiese uitkoms, hoekom Iran die Golf-state aanval, wat was Israel en die VSA se sukses tot nou en wat is die gevolge vir Suid-Afrika.
11 Mar 40 min