Bizskoops - 13 Maart 2025

--:--
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 27 Maart 2025

Op die program vandag: # Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die vierde kwartaal van 2024 nog 12-duisend werksgeleenthede bygevoeg # Kenners bevraagteken die grondwetlikheid van ʼn BTW verhoging # Die ekonoom Waldo Krugell gesels oor inflasie, die rentekoers en die wisselkoers # In internasionale sakenuus.... Die Chinese elektriese voertuigreus B.Y.D…
27 Mar 10 min

Bizskoops - 20 Maart 2025

Op die program vandag: # Ons praat met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor Volkswagen Group Africa wat meen dit word al moeiliker om in Suid-Afrika besigheid te doen # Februarie se inflasie bly onveranderd vanaf Januarie. # Die ekonoom Waldo Krugell gesels oor hoe dit met die…
20 Mar 10 min

Bizskoops - 06 Maart 2025

Op die program vandag: # Die Nasionale Gesondheidsversekering-hofsaak is aan die gang # Ons praat met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die Suid-Afrika se G20-presidentskap # Die ekonoom Waldo Krugell gesels oor die impak van president Donald Trump se tariewe op ons ekonomie # In internasionale sakenuus…
6 Mar 9 min

Bizskoops - 27 Februarie 2025

Op die program vandag: # Die G20-finansiesvergaderings vind hierdie week in Suid-Afrika plaas # Die jaarlikse verbruikersprysindeks vir Januarie is op vanaf Desember # Die ekonoom Waldo Krugell gesels oor die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank se voorstelle vir die nuwe begroting. # In internasionale sakenuus... Brittanje gaan sy…
27 Feb 11 min

Bizskoops - 20 Februarie 2025

Op die program vandag: # Ons kyk na ʼn paar hoogtepunte uit die begrotingsrede # Die ekonoom Waldo Krugell deel ook met ons sy reaksie op die begroting wat vanmiddag in die parlement voorgelê is. # In internasionale sakenuus... Gemiddelde lone in die Verenigde Koninkry gaan voort om inflasie te…
20 Feb 8 min