Claudia Jones kom deel haar stem op Plaas van Passie!

Loading player...
Telenovelas het die afgelope jare al gewilder geword, en kykNET&kie is sonder twyfel die leier op hierdie gebied – nie net met plaaslik vervaardigde reekse nie, maar ook met oorgeklankte telenovelas uit Turkye.

Op 18 Maart begin die kanaal egter eksotiese nuwe terrein verken met ’n telenovela vol drama en stomende hartstog uit die trope van Brasilië – Plaas van passie. Die oorspronklike Portugese titel is Terra e Paixão (Land of Desire in Engels). kykNET&kie word hiermee die eerste plaaslike kanaal wat ’n Brasiliaanse telenovela in Afrikaans oorklank. Plaas van passie begin op 18 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en dit sal ook op DStv Stream en Box Office beskikbaar wees.
19 Feb 2025 12PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Beloofde Land? ’n Dokumentêre reis deur Suid-Afrikaanse drome en vrese

In ses aflewerings reis Rian van Heerden deur Suid-Afrika en die Verenigde State om te sien of Amerika steeds die beloofde land is of net ’n volgende hoofstuk in Suid-Afrikaners se soeke na veiligheid en stabiliteit. Beloofde Land begin op 7 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal…
14 Jan 12PM 7 min

Op pad met my potjie: Joalette se reis deur Namibië

Na ’n geurige eerste seisoen neem Joalette De Villiers ons weer op ’n avontuur deur Namibië. Sy sien nuwe mense, nuwe potjies en nuwe geure. Saam ontdek ons kennis, avontuur en passie. Vanaf Vrydag 28 November, 18:30, kykNET, kanaal 144.
26 Nov 2025 12PM 6 min