Help só Noord-Kaapse boere tydens droogte

Loading player...
Hoewel daar onlangs verspreide reënval in sommige dele van die Noord-Kaap was, bly die droogte ’n ernstige uitdaging vir boere in die streek.
Volgens Janine Byleveld, Bedryfsbeampte: Ekonomie, Handel en Natuurlike Hulpbronne van Agri Noord-Kaap, het die oostelike dele van die provinsie, veral naby die grens met Noordwes en die Vrystaat, van die reën voordeel getrek. Daarenteen het gebiede soos Fraserburg, Williston, Sutherland, Brandvlei, Keimoes en Askam baie min reën ontvang. Verder het boere by Vosburg en Victoria-Wes gehoop op reën oor Kersfees, maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.
18 Feb 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Johan Marais gesels oor smokkelhandel van reptiele

Smokkelhandel van reptiele neem toe en dis in gevalle so erg dat sommige van die diere as hoogs bedreigd in Suid-Afrika verklaar is. Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, Hoof van die Afrika Slangbyt Instituut in Pretoria oor die aktiwiteite.
7 Dec 10PM 5 min

Johan van Graan tree na 27 jaar af by Vrystaat Landbou

Die voormalige finansiele bestuurder van Vrystaat Landbou, Johan van Graan, het na 27 jaar diens afgetree. Isabel van Tonder gesels met hom om te hoor wat is die hoogtepunte van sy loopbaan en wat is sy toekomsplanne.
7 Dec 10PM 3 min