Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34

Loading player...
Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied.

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan dink.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:15 Die dissipline van oorlogsreg
  • 07:14 Die oorlog in Mosambiek
  • 11:49 Klassifiseringsprobleem in die DRK
  • 20:11 Proksies in onopgeloste etniese spanning
  • 31:56 Rusland-Afrika-korps en vergete oorloë
  • 36:36 Humanitêre krisis in Soedan
  • 42:02 Die groot Midde-Oosterse konflik
  • 49:08 Kritiese humanitêre hulp
  • 55:03 ʼn Onstabiele wêreld in 2025
7 Feb 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | 10 vrae en antwoorde oor Iran-oorlog | Ep. 82

Jaco Kleynhans antwoord 10 tergende vrae oor die Iran-oorlog, insluitend oor wie die oorlog kan wen, die mees logiese uitkoms, hoekom Iran die Golf-state aanval, wat was Israel en die VSA se sukses tot nou en wat is die gevolge vir Suid-Afrika.
11 Mar 40 min