Nuwe boek werp lig op stryd teen indringerboom

Loading player...
’n Belangrike nuwe boek oor die ekologie en bestuur van een van Afrika se mees vernietigende indringerplante, Prosopis juliflora, is onlangs aanlyn beskikbaar gestel.
The Ecology and Management of Invasive Prosopis Trees in Eastern Africa is die resultaat van ’n dekade lange internasionale navorsingsprojek wat ses universiteite en agt instellings in lande soos Suid-Afrika, Kenia, Ethiopië, Tanzanië, Switserland en die VSA betrek het.
Volgens prof. Brian van Wilgen, een van die redakteurs van die boek en emeritus professor aan die Universiteit Stellenbosch, het hierdie bome reeds sowat tien miljoen hektaar grond in oostelike Afrika ingeneem — ’n oppervlakte soortgelyk aan die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika. Die gevolge sluit in die verplasing van gemeenskappe, verlies aan natuurlike habitatte, en uitputting van grondwaterbronne.
22 Jan 2025 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere

Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere. Isabel van Tonder gesels met Jurg Kruger oor die misdaadsindikate, en die sukses van arrestasies. Daar word ook wenke gegee hoe boere hulself kan beskerm teen die misdaad.
4 May 11PM 4 min