Nuwe boek werp lig op stryd teen indringerboom

Loading player...
’n Belangrike nuwe boek oor die ekologie en bestuur van een van Afrika se mees vernietigende indringerplante, Prosopis juliflora, is onlangs aanlyn beskikbaar gestel.
The Ecology and Management of Invasive Prosopis Trees in Eastern Africa is die resultaat van ’n dekade lange internasionale navorsingsprojek wat ses universiteite en agt instellings in lande soos Suid-Afrika, Kenia, Ethiopië, Tanzanië, Switserland en die VSA betrek het.
Volgens prof. Brian van Wilgen, een van die redakteurs van die boek en emeritus professor aan die Universiteit Stellenbosch, het hierdie bome reeds sowat tien miljoen hektaar grond in oostelike Afrika ingeneem — ’n oppervlakte soortgelyk aan die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika. Die gevolge sluit in die verplasing van gemeenskappe, verlies aan natuurlike habitatte, en uitputting van grondwaterbronne.
22 Jan 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Johan Marais gesels oor smokkelhandel van reptiele

Smokkelhandel van reptiele neem toe en dis in gevalle so erg dat sommige van die diere as hoogs bedreigd in Suid-Afrika verklaar is. Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, Hoof van die Afrika Slangbyt Instituut in Pretoria oor die aktiwiteite.
7 Dec 10PM 5 min

Johan van Graan tree na 27 jaar af by Vrystaat Landbou

Die voormalige finansiele bestuurder van Vrystaat Landbou, Johan van Graan, het na 27 jaar diens afgetree. Isabel van Tonder gesels met hom om te hoor wat is die hoogtepunte van sy loopbaan en wat is sy toekomsplanne.
7 Dec 10PM 3 min