Amushelelo hou weer optog op 21 Maart

Loading player...
Michael Amushelelo, die politieke aktivis en lid van die Namibia Economic Freedom Fighters, het aangekondig dat hy beplan om weer 'n jeugwerkloosheidsoptog op 21 Maart tydens onafhanklikheidsvieringe aan te bied. Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal ook op daardie datum as president ingehuldig word. In 2023 het die betoging daartoe gelei dat hy saam met die nou Swapo-politikus, Dimbulukeni Nauyoma, in hegtenis geneem is en maande lank aangehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels, wat volhou dat die feesvieringe 'n vermorsing van staatsgeld is.
8 Jan 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Maak so om groen weivelde optimaal te benut

Veeboere is uiters positief na die onlangse reën, wat die hoop op verbeterde weiding en beter veegewig laat opvlam het. Boere word egter aangeraai om versigtig te wees aangesien vars groen weivelde laag in vesel en hoog in vog is, wat die risiko dat vee opblaas vergroot. Dit kan dodelik…
9 Jan 10AM 1 min

Wonderwerk-baba wat Van Reenenspas-botsing oorleef, se familie gevind

Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma sê die wonderwerk-baba, wat 'n gru-ongeluk oorleef het, se familie is in Gauteng gevind. Sewentien mense het gesterf in die ongeluk tussen 'n vragmotor en 'n minibustaxi op die Van Reenenspas. Die LUR se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die…
9 Jan 10AM 1 min

Henk Botha verwag ateletiek-hoogtepunte vanjaar

Hierdie jaar skop af met 'n opwindende atletiekseisoen wat voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende atletiekafrigter Henk Botha gesels, wat sy entoesiasme vir die komende seisoen uitgespreek het. Botha is tans besig by die Quinton Steele Botes Atletiek Afrigting en Opleidingskliniek, en het sy optimisme gedeel oor plaaslike…
9 Jan 9AM 1 min

Nangula Mbako-stigting onderstreep belang van vloed-hulpverlening

Die Nangula Mbako-stigting is aktief betrokke by bystand verlening aan die slagoffers van onlangse oorstromings in Windhoek, wat aansienlike skade en verlies van besittings tot gevolg gehad het. Dit verskaf kospakkies, komberse en noodsaaklike voorrade aan mense wat alles verloor het. Die stigting moedig die publiek aan om skenkings te…
9 Jan 9AM 1 min