SA juig steeds oor 'ja' vir groente-uitvoere na Botswana
Loading player...
Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het Botswana se besluit verwelkom om die verbod op groente-invoere uit Suid-Afrika geleidelik op te hef. Botswana is ʼn belangrike handelsvennoot van Suid-Afrika en sedert 2021 was sowat 15-persent van Suid-Afrika se totale groente-uitvoere na dié land. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die verbod het uitvoere na Botswana met byna die helfte afgeneem tot 272-miljoen Suid-Afrikaanse rand in 2023.