Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

Loading player...
2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop die wêreld in 2024 verander het.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:10 Energie-politiek verander in Europa
  • 03:36 Onsekere politieke leierskap
  • 07:43 Oorlog teister Europa steeds
  • 09:26 Komplekse globale magsverhoudinge
  • 13:30 Transaksionele wêreld onder Trump
  • 17:40 Die G20-beraad in Suid-Afrika
  • 21:27 Verswakte diplomatieke diens
  • 25:22 Onbenutte geleenthede vir Afrikaners in Afrika
  • 29:12 Stille stabiliteit te midde van onstabiliteit
17 Dec 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min

Wêreldwys | Wie gaan eerste ingee? | Ep. 90

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans onder andere na die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste en vra die groot vraag: Wie gaan eerste ingee? Die skietstilstand tussen die VSA en Iran hou nou al lank genoeg aan dat dit al moeiliker word vir albei partye om enigsins hul…
29 May 31 min