Brandstof-fiasko by OR Tambo rig skade aan

Loading player...
Die DA waarsku die fiasko met vliegtuigbrandstof by OR Tambo Internasionale Lughawe kan tot aansienlike finansiële verliese lei en Suid-Afrika se reputasie as 'n toeristebestemming skaad. Die party vra vir 'n volledige ondersoek na die oorsaak van die ontwrigtings, wat tot wydverspreide vertragings met vlugte en kansellasies gelei het. DA-woordvoerder, Haseena Ismail, versoek die minister van Vervoer, Barbara Creecy, om onverwyld op te tree om toekomstige voorvalle te voorkom:
11 Dec 2024 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bestuur stadig en versigtig in reën, pleit MVA

Die Motorvoertuigongelukkefonds en ander padveiligheidsbelanghebbendes doen 'n beroep op alle padgebruikers om uiters versigtig te bestuur in ongunstige weerstoestande. Swaar reën verminder onder meer sigbaarheid en verminder remdoeltreffendheid, wat die risiko van padongelukke aansienlik verhoog. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Rosalia Martins-Haufiku, die fonds se uitvoerende hoof,…
9 Jan 8AM 1 min

Padvragvereniging weer bekommerd oor Durban hawe

Die Padvragvereniging sê hy is bekommerd oor vertragings by Transnet se Pier 2-vrageindpunt by die Durbanse hawe. Die hawe-operateur het Dinsdag aan klante gesê die tekort aan toerusting soos oorbruggingsdraers belemmer herwinningsoperasies en dienslewering by die eindpunt, weens oponthoude en gure weer. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, het…
9 Jan 7AM 1 min

Uraanprys sal styg want lande soek 'die bom', sê kenner

Die uraanprys is tans net onder 75 Amerikaanse dollar, terwyl dit verlede jaar hierdie tyd op 'n hoogtepunt van 106,30 dollar was. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, wat sê hy verwag vanjaar 'n groter vraag na uraan en ook hoër pryse. Schütt sê geopolitieke…
9 Jan 7AM 1 min

Regering moet dringend ingryp by Stilfontein: GOOD Party

Die GOOD Party sê die Stilfontein-mynkrisis in Noordwes is 'n humanitêre ramp en vereis dringende regeringsingryping. Meer as 500 onwettige mynwerkers is ná meer as drie maande steeds ondergronds vasgekeer en verskeie sterftes is reeds aangemeld. Die party beskuldig die regering van die skending van grondwetlike regte omdat reddingspogings blokkeer…
9 Jan 7AM 1 min

Grootste meer in Cuvelai-opvanggebied steeds droog

Die onlangse reënval in die noordelike streke het waterskaarste vir vee verlig en bestaansboere in staat gestel om saaiboerdery te hervat. Die Opononameer in Uuvudhiya, 'n sleutelwaterbron vir vee, is egter steeds droog. Die meer is sowat 70 kilometer van die Etosha-pan af en is die grootste meer in die…
9 Jan 7AM 1 min