Khomanin Tradisionele Owerheid kry 2 plase

Loading player...
Die regering het twee plase ter waarde van 33,8 miljoen Namibiese dollar aan die Khomanin Tradisionele Owerheid oorgedra vir gemeenskaplike gebruik. Die plase, gedeelte 1 van die Plaas Groot Korasieplaats en die res van die Plaas Groot Korasieplaats, strek gesamentlik oor 8 132,95 hektaar. Landbouminister Calle Schlettwein het by die oorhandigingseremonie gesê die grond sal onder die Wet op Gemeenskaplike Grondhervorming van 2002 geadministreer word. Dit is 'n keerpunt vir die Khomas-streek, wat voorheen geen gemeenskaplike grond binne sy grense gehad het nie.
10 Dec 2024 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Maak so om groen weivelde optimaal te benut

Veeboere is uiters positief na die onlangse reën, wat die hoop op verbeterde weiding en beter veegewig laat opvlam het. Boere word egter aangeraai om versigtig te wees aangesien vars groen weivelde laag in vesel en hoog in vog is, wat die risiko dat vee opblaas vergroot. Dit kan dodelik…
9 Jan 10AM 1 min

Wonderwerk-baba wat Van Reenenspas-botsing oorleef, se familie gevind

Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma sê die wonderwerk-baba, wat 'n gru-ongeluk oorleef het, se familie is in Gauteng gevind. Sewentien mense het gesterf in die ongeluk tussen 'n vragmotor en 'n minibustaxi op die Van Reenenspas. Die LUR se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die…
9 Jan 10AM 1 min

Henk Botha verwag ateletiek-hoogtepunte vanjaar

Hierdie jaar skop af met 'n opwindende atletiekseisoen wat voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende atletiekafrigter Henk Botha gesels, wat sy entoesiasme vir die komende seisoen uitgespreek het. Botha is tans besig by die Quinton Steele Botes Atletiek Afrigting en Opleidingskliniek, en het sy optimisme gedeel oor plaaslike…
9 Jan 9AM 1 min

Nangula Mbako-stigting onderstreep belang van vloed-hulpverlening

Die Nangula Mbako-stigting is aktief betrokke by bystand verlening aan die slagoffers van onlangse oorstromings in Windhoek, wat aansienlike skade en verlies van besittings tot gevolg gehad het. Dit verskaf kospakkies, komberse en noodsaaklike voorrade aan mense wat alles verloor het. Die stigting moedig die publiek aan om skenkings te…
9 Jan 9AM 1 min