Die deler is so goed as die steler, sê Omaheke-polisie

Loading player...
Die polisie in die Omaheke-streek sê daar is 'n kommerwekkende toename in misdade wat voertuigbykomstighede teiken, veral wiele. Tussen September en November is 10 gevalle van sulke diefstalle aangemeld, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Misdadigers gebruik universele moere om voertuigwiele te steel. Dit stel hulle in staat om die wiele, wat waardevol en gesog is in onwettige markte, vinnig en maklik te verwyder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met hoofinspekteur Fina Sakajengenga, die streekhoof van gemeenskapspolisiëring, wat voornemende kopers waarsku dat hulle ‘n misdaad pleeg.
26 Nov 2024 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamWater se skuld lê instandhouding, nuwe infrastruktuur lam

Ons bly by NamWater en die watermaatskappy sê sy skuldvlakke het kommerwekkende vlakke bereik. Die totaal het gestyg van 2,1 miljard Namibiese dollar na 2,4 miljard dollar. Die watervoorsiener ontvang geen subsidies nie en het ook nie ‘n verhoging in vyf jaar ontvang nie. Lot Ndamanomhata, woordvoerder het meer.
11 Mar 12AM 1 min

Hentiesbaaiers soek Vermaak se bloed

Die herrie is los in Hentiesbaai. Inwoners eis dat die minister van stedelike ontwikkeling die burgemeester Lewies Vermaak afdank. Volgens die inwoners het Vermaak ‘n opdrag van die minister geïgnoreer. Die inwoners het ‘n versoekskrif aan die streeksgoewerneur Neville Andre oorhandig. Gemeenskapsverteenwoordiger Jessica Basson het hulle griewe so uiteen gesit.
11 Mar 12AM 1 min

Visserman-protes is aanhitsery - Klazen

‘n Groep vissermanne wat protes buite die ministerie se kantore in die hoofstad het die aandag van die lynminister Derek Klazen. Hulle vra oordrag na ‘n ander maatskappy waar beter lone en voordele betaal word as daar waar hulle deur die ministerie geplaas is. Klazen se dis ‘n kwessie van…
10 Mar 11PM 1 min

DA bepleit vir volgehoue optrede teen stropery, al daal getalle

Die DA verwelkom die afname in renosterstroping, maar waarsku dat volgehoue optrede van kardinale belang is. Suid-Afrika het 420 renosters in 2024 verloor, minder as die 499 in 2023. Andrew de Blocq van die DA sê alhoewel daar vordering is, is daar steeds uitdagings soos swak parksekerheid, personeeltekorte en interne…
10 Mar 11PM 1 min

Vissermanne betoog vir meer geld

‘n Groep vissermanne het vandag vreedsaam voor die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in Windhoek betogers en gevra dat hulle na ‘n ander vismaatskappy oorgeplaas moet word. Volgens die betogers sal hulle meer by dié maatskappy betaal as by die een waar die ministerie hulle geplaas het. Die voorsitter…
10 Mar 12PM 1 min