Voedselgroepe

Loading player...
’n Gebalanseerde dieet is ’n dieet wat uit die regte aantal porsies van al die voedselgroepe bestaan sodat ons onder meer genoeg vitamiene en minerale inneem. Ons moet ook genoeg water drink. Hoewel water nie energie verskaf nie, is dit steeds ’n voedingstof. Ongeveer 60% van ’n mens se liggaamsmassa is water en die brein bestaan uit 75% water. Water help onder meer met die vervoer van voeding- en afvalstowwe, en reguleer die liggaam se temperatuur en die korrekte funksionering (werking) van liggaamselle.
22 Nov 2024 Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Die Middeleeue

Die Middeleeue beskryf die tyd tussen die val van die Romeinse Ryk in ongeveer 476 en die begin van die Renaissance-era in die 14de eeu.
14 Jul 11 min

Damme van Suid-Afrika

Suid-Afrika het meer klein as groot damme, want weens ’n groot landboubedryf het baie plase hul eie damme.
14 Jul 8 min

Poësie

Poësie verwys na die digkuns. ʼn Gedig is ʼn letterkundige teks in versvorm, met of sonder rym, waarin die digter ʼn sekere gedagte of gevoel deur middel van taalsimbole wil oordra.
14 Jul 7 min

Louis Braille

Louis Braille is op 4 Januarie 1809 in Coupvray, ʼn klein plattelandse dorpie buite Parys in Frankryk, gebore.
14 Jul 11 min