Vier pakhuise in Durban met vervalde, ingevoerde kos gevind
--:--
KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê dis belangrik dat onwettige aktiwiteite aangespreek word wat voedselveiligheid-regulasies ondermyn en lewens in gevaar stel. Die polisie in Durban het toegeslaan op vier pakhuise waar hulle ingevoerde kos ontdek het wat reeds verval het. Dit kom te midde van die land se stryd teen ʼn uitbreking van voedseloordraagbare siektes. Drie-en-twintig kinders is dood nadat hulle vermoedelik besmette kos geëet het wat by spazawinkels gekoop is. Ntuli sê die klopjagte is ʼn keerpunt in die provinsie se stryd teen misdaad: