Bye kan uiters gevaarlik wees, byeboer sê na Swakop-aanval
--:--
'n Swerm aggressiewe heuningbye het oor die naweek amok gemaak in Kramersdorf in Swakopmund. Drie honde is doodgesteek, 'n vrou moes hospitaalbehandeling kry, en verskeie ander inwoners en troeteldiere is erg gesteek. Die bye het vermoedelik reageer na gras naby hulle gesny is. Die swerm is veilig verwyder na die aanval. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende byeboer Roland zu Bentheim van Imerie Bentheim, wat sê bye hou glad nie van honde nie. Hy verduidelik.