Siya vol vertroue in Springbok-groep teen Engeland

--:--
Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi is optimisties oor die wedstrydgroep wat afrigter Rassie Erasmus vir vandag se kragmeting met Engeland op Twickenham gekies het. Daar is 12 veranderings in die opdrafspan met ʼn splinternuwe agterlyn. Erasmus het op ʼn plaasvervangersbank van 5-3 besluit. Kolisi is vol lof vir die balans tussen ervaring en jeug om die groep te versterk en jonger spelers noodsaaklike speelkans te gee.
16 Nov 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Los stamverband, stem vir bevoegde leiers: Venaani

Die PDM het 'n verkiesingsaamtrek by Opuwo in die Kunene-streek gehou, waar sy president, McHenry Venaani, hom teen 'n stemmery in terme van stamverband uitgespreek het. Hy moedig Namibiërs aan om nie hul kruisies te trek volgens 'n kandidaat se stam of taal nie, maar gebaseer op bevoegdheid en kwaliteit…
16 Nov 5AM 1 min

Grond gebreek vir eerste 40MW Otjikoto biomassakragstasie

NamPower en belanghebbendes het Vrydag grond gebreek vir Namibië se eerste 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie by Tsumeb. Die kragstasie gaan na verwagting twee en 'n half jaar neem om te voltooi. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het by die geleentheid gesê die projek sal nie net elektrisiteit opwek nie, maar…
16 Nov 2AM 1 min

Parlementêre dorpie kom net nie klaar nie

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Mpumalanga is besorg oor vertragings met projekte van die openbare werke-departement. Die projekte sluit in die parlementêre dorpie vir lede van die Wetgewer. Bouwerk het in 2018 begin, maar is nog nie afgehandel nie. Die provinsiale voorsitter van SKOOR, Desmond Moela, het aan…
16 Nov 2AM 1 min

Probleme voorsien vir Unam werk-geïntegreerde program

Unam het aangekondig hy gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel. Die program vereis van alle derdejaarstudente om praktiese werkservaring op te doen. Hierdie werksgeïntegreerde leer het ten doel om gegradueerdes te lewer wat "toekomsgereed" is, met praktiese vaardighede en akademiese kennis. Daar is egter kommer dat…
16 Nov 1AM 1 min