Inligtingsministerie verduidelik oor New Era, Nampa samesmelting
--:--
Die inligtingministerie het gereageer op die voormalige besturende redakteur van New Era, Johnathan Beukes, wat kommer uitgespreek het oor persvryheid ná die voorgestelde samesmelting van New Era Publications Corporation en die Namibia Press Agency, Nampa. Beukes het ook die regering oor media-onafhanklikheid gekritiseer en gesê die samesmelting word deur die inligtingsministerie ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ngaevarue Katjangua, die ministerie se woordvoerder, wat hulle standpunt verduidelik.