Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie

Loading player...
Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in …..
11 Nov 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul

Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese…
3 Nov 26 min

Mevrou val in nostalgie vas, saam met die Jakarandas se pers tapyt

Mevrou is in ’n onverwagse nostalgie vas gevang, aangebring deur die pers blommetjies van die Jakaranda bome in Pretoria. Skielik onthou Dianne Broodryk weer haar grootword jare in die Moot gebied, toe sy met haar fiets oor die Jakaranda blommetjies gery het. Vir Gerda de Sousa bring die asembrowende pers…
27 Oct 26 min

Mevrou se siekwees sages

Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes…
20 Oct 19 min

Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne…
13 Oct 21 min