JacPod Mevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou!
Weekly Afrikaans South Africa Personal Journals · Society & Culture
18 Episodes

Mevrou se blou bloed bieg

Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor…
27 Mar 27 min

Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die…
4 Mar 29 min

Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie

Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met ‘n allergiese reaksie. Sy moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis – een van haar gunsteling disse. In hierdie…
27 Feb 23 min

Mevrou, dáái soen en ‘n movie

Dis die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie. Hulle moet egter toegee dat Valentyns Dag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe is nie, na meer as 20 jaar van getroude lewe. Maar dit beteken nie die liefde is ‘n uitgebluste vlam in hierdie…
19 Feb 25 min

Mevrou sit Krismis mis

Die Mevrouens besef Kersfees is op ons, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal op Kersfees is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié…
18 Dec 2023 19 min

Mevrou looi 'n plooi

Om te spuit, of nie te spuit nie … dít is die gewigtige vraag wat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg, want ‘n vullertjie hier en ‘n plukkie of ‘n pompie daar is klaarblyklik deesdae ook glad nie meer ‘n skande nie. Dis nou nie asof iemand hulle direk…
22 May 2023 23 min

Mevrou het krag nodig om die toilet te trek

Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie. Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder ‘n tradisionele Eskom krag aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef kry as die nuwe beurtkrag…
15 May 2023 22 min

Mevrou se Gebed word verhoor

Almal is skelms! Niemand gee meer ‘n flenter om vir iemand anders nie … dit voel soms so, maar is dit nie lekker as die teendeel gebeur nie? Dit klink amper te goed om waar te wees, maar hierdie Mevrouens het dit eerste-hands beleef. In episode 10 van Mevrou Mevrou,…
9 May 2023 20 min

Mevrou en die 18 somers

‘n Kinder partytjie is nie speletjies nie, al is dit juis wat dit veronderstel is om te wees. Die Mevrouens is natuurlik kenners oor hoe om die perfekte verjaarsdag partytjie te reël. Maar 2023 is ‘n tameletjie van ‘n verjaarsdag jaar, want die kinders is nou ouer, partytjies is nie…
2 May 2023 21 min

Mevrou en die P vir Pot-holle

Ons weet almal van die slaggate wat sommer oornag op ons gereelde paaie inval – veral na ‘n lekker reënbui. Die Mevrouens is parrate bestuurders en word nie sommer gevang nie. Maar, wragtig – daai een oggend voor son-op, net om die draai van die werk af, tref Mevrou die…
24 Apr 2023 11 min

Mevrou se mannewales in Johannesburg

Daar was ‘n paar jaar wat die Mevrouens die strate van Johannesburg oorgevat en seker gemaak het hulle eet en drink na hartelus, partykeer selfs óp die tafel in plaas van áán tafel. Dit was toe die Mevrouens altwee in Joburg gewerk en net ‘n paar deure van mekaar af…
17 Apr 2023 24 min

Mevrou se tande agter tralies

Dit het langer gevat as om te kraam – en Mevrou het nie eers ‘n nuwe baba om daarvoor te wys nie. ‘n Halwe dag in die ortodontis se stoel en nou sit Mevrou met ‘n mondvol draadjies, haar tande letterlik agter tralies. In die sesde episode van Mevrou Mevrou,…
10 Apr 2023 12 min

Mevrou kwas die erf kas

Mevrou het besluit dat die eetkamer kas, waarmee sy groot geword het, nou ‘n ander kleur moet kom. Die kwas gier het Mevrou ook gebyt. Maar mag mens die blik verf leeg maak op enige erfstuk? In die vyfde episode van Mevrou Mevrou, skraap Gerda de Sousa vir Dianne Broodryk…
3 Apr 2023 10 min

Mevrou word gevonnis

Nes jy dink jy het nou al alles gesien, gehoor en beleef … dan slat hy jou van ‘n kant wat jy nooit verwag het nie! Mevrou se besoek aan die tandarts eindig in ‘n 12 tot 16 maande vonnis: Draadjies! In die vierde episode van “Mevrou Mevrou”, onthul Dianne…
27 Mar 2023 11 min

Mevrou pak af oor sy moet oppak

Hierdie episode kom met ‘n waarskuwing – Mevrou huil en lag op dieselfde tyd, dis ‘n emosionele tuimel trein! Mevrou pak bokse, meubels en klere – hulle trek. In die derde episode van “Mevrou Mevrou”, bars Gerda de Sousa sommer in trane uit terwyl sy vir Dianne Broodryk vertel van…
13 Mar 2023 11 min

Mevrou vang ‘n gevaar op die pad

Mevrou gaan net “gou-gou eiers koop om die poeding klaar te bak”. Die volgende oomblik bars ‘n kar oor die stopstraat – skraap die nommerplaat skoon van die neus van Mevrou se kar af – en jaag weg. “Hierdie b!*%&em gaan nie hiermee wegkom nie!” In die tweede episode van…
6 Mar 2023 13 min

Mevrou verbreek die 11de gebod

Mevrou het ‘n dilemma … mag ‘n mens foto’s opskeur? Nie ál die foto’s nie, maar daai oues wat jy nog gehou het vir wie-weet-hoekom en wie-weet-wie. Foto’s waarop jy niemand meer herken nie op plekke wat jy nie meer kan onthou nie. Die een Mevrou wil net skeur, die…
27 Feb 2023 11 min
 trailer  

Mevrou Mevrou (Trailer)

Maak reg om te hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan. Van 28 Februarie 2023 bring Gerda de Sousa en Dianne Broodryk jou ‘n weeklike dosis van hardop lag, lang trane huil, vra vir genade en pleit vir geduld. Dié twee bekende stemme van Jacaranda FM gaan praat…
27 Feb 2023 1 min