Mevrou Mevrou
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee.
Toekennings vir Mevrou Mevrou
* Spotify Erkenning in 2025, as een van die redakteur se keuses vir beste potgooi episdes vir die jaar
* Brons toekenning by die New Generation Awards in 2025
* Beste Potgooi nominasie by die Telkom Radio Awards in 2025
* Beste Komedie Potgooi by die 2024 Africa Podcast and Voice Artists toekennings
Meer oor Mevrou Mevrou
Mevrou Mevrou het ‘n unieke posisie uitgekerf in die potgooi landskap, met ’n verfrissende blik en – somtyds – brawe opinies oor alledaagse gebeure. Die universele kwessies wat Gerda en Dianne aanvat en die eerlikheid waaroor daar gepraat, gehuil en gelag word beteken dat Mevrou Mevrou se gehoor bly groei reg oor die wêreld. Hierdie potgooi wys net weereens dat daar geen beperking is op die hoogtes wat ’n potgooi in ’n inheemse taal kan bereik nie.
Audio design: Ethan Baird.
Luister by jacarandafm.com, op JacPod, of op Spotify en Apple Podcasts!