SA-skole moet ongedokumenteerde kinders kos gee

--:--
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, het skole veroordeel wat weier om kos aan ongedokumenteerde leerders in Mpumalanga te gee, en noem dit 'n skending van fundamentele menseregte. Makaneta het beklemtoon alle kinders verdien toegang tot voeding en ondersteuning, ongeag immigrasiestatus. Makaneta sê die uitsluiting weerspreek Suid-Afrika se grondwetlike verbintenis tot kinderregte. Hy het owerhede versoek om gelyke toegang tot etes te verseker:
5 Nov 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Probleme voorsien vir Unam werk-geïntegreerde program

Unam het aangekondig hy gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel. Die program vereis van alle derdejaarstudente om praktiese werkservaring op te doen. Hierdie werksgeïntegreerde leer het ten doel om gegradueerdes te lewer wat "toekomsgereed" is, met praktiese vaardighede en akademiese kennis. Daar is egter kommer dat…
16 Nov 1AM 1 min

Agribank bied gratis aanlyn opleiding vir boere

In 'n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank 'n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om…
15 Nov 11AM 1 min

AA voorspel effens laer SA petrolpryse in Desember

Die Outomobiel Assosiasie sê Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember 'n mengelmoes in brandstofprysaanpassings verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê huidige ongeouditeerde data vanaf die Sentrale Energiefonds dui op 'n daling in petrolpryse, met aansienlike stygings in diesel- en lampoliepryse. Sy sê volgens afleidings van die data sal die…
15 Nov 11AM 1 min

Lüderitz wag vir geld om haglike enkelkwartiere op te knap

Inwoners van Lüderitz se enkelkwartiere verduur swak lewensomstandighede, insluitend nie-funksionele toilette, wat hulle dwing om tydelike sanitasie-metodes in te span. Dit skep gesondheidsrisiko's, veral vir die kinders wat daar woon. Ten spyte van pogings om die plaaslike raad te betrek, het die burgemeester se kantoor nog nie gereageer nie. Burgemeester…
15 Nov 10AM 1 min