Onderwysministerie ondersoek kontrak-skeidingsbetalings

Loading player...
Kontrakonderwysers in die Khomas-streek kla dat hulle nog nie hul skeidingsbetalings ontvang het nie, terwyl hul kontrakte op 31 Desember 2023 geëindig het. Hulle sê anders as hul eweknieë in die Oshikoto-streek wat in Januarie betaal is, wag hulle steeds op hul betalings. Die onderwysers het 'n beroep op die uitvoerende direkteur van onderwys gedoen om die kwessie te ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê as dit waar is, is dit kommerwekkend.
3 Nov 2024 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uiters, uiters goeie voorspelling vir reën - ook in Suide

Reën word vandag vir die noordelike dele sowel as Windhoek voorspel maar, die nuus raak beter... teen môre is die voorspelling uiters voordelig vir die dorre Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe…
2 Jan 4AM 1 min

Massas leef steeds op die randjie - Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen 'n beroep op almal om te glo in die…
2 Jan 3AM 1 min

Slange, die veld en jy...

’n Sewejarige meisie is onlangs dood nadat sy deur ’n swart mamba gepik is. Die meisie het saam met haar jonger sibbe in 'n mahangu-veld in die Oshikoto-streek naby 'n miershoop gespeel. Die meisie het 'n stok in 'n gat in die miershoop gesteek, waarna die mamba uitgekom het en…
2 Jan 3AM 1 min

Ramaphosa sê belangrikste is beskerming vir vroue en kinders

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het die afgelope jaar aanhou fokus op die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap gesê die regering het die strafregstelsel se vermoëns versterk en die ondersteuning vir oorlewendes verbeter. Ramaphosa sê die belangrikste aspek is die beskerming van jong meisies en…
2 Jan 3AM 1 min