Belasting-amnestie verleng, 'nou moet NamRA verbeter'

Loading player...
Tydens die middeltermyn-begrotingsoorsig het die finansminister Ipumbu Shiimi 'n verlenging van twee jaar van die belastingamnestieprogram aangekondig, wat nou op 31 Oktober 2026 sal verstryk. Die amnestie behou sy oorspronklike kwytskelding van rente en boetes indien uitstaande kapitaal teen die nuwe sperdatum ten volle betaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete, wat die hoop uitgespreek het dat NamRA sy administrasie sal verbeter, veral na berigte van openbare frustrasies soos om twee uur in die ry te wag om so min as een sent te betaal.
3 Nov 2024 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uiters, uiters goeie voorspelling vir reën - ook in Suide

Reën word vandag vir die noordelike dele sowel as Windhoek voorspel maar, die nuus raak beter... teen môre is die voorspelling uiters voordelig vir die dorre Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe…
2 Jan 4AM 1 min

Massas leef steeds op die randjie - Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen 'n beroep op almal om te glo in die…
2 Jan 3AM 1 min

Slange, die veld en jy...

’n Sewejarige meisie is onlangs dood nadat sy deur ’n swart mamba gepik is. Die meisie het saam met haar jonger sibbe in 'n mahangu-veld in die Oshikoto-streek naby 'n miershoop gespeel. Die meisie het 'n stok in 'n gat in die miershoop gesteek, waarna die mamba uitgekom het en…
2 Jan 3AM 1 min

Ramaphosa sê belangrikste is beskerming vir vroue en kinders

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het die afgelope jaar aanhou fokus op die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap gesê die regering het die strafregstelsel se vermoëns versterk en die ondersteuning vir oorlewendes verbeter. Ramaphosa sê die belangrikste aspek is die beskerming van jong meisies en…
2 Jan 3AM 1 min