Help die polisie, vra familie van vermoorde student

Loading player...
Familielede van die 24-jarige vermoorde student Matheus Sheehama en die gemeenskap van Walvisbaai het 'n optog deur die dorp gehou vir "geregtigheid vir Sheehama". Hulle doen 'n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en die polisie in hul ondersoek te help. Sheehama is na bewering by 'n braai aangeval en vermoor, en sy lyk het 'n paar dae later uit die see gespoel. Die groep het die Tutaleni-polisiestasiebevelvoerder, senior inspekteur Hilma Uugwanga, gaan sien. Uugwanga sê die ondersoekers het slapelose nagte om die saak te probeer oplos.
14 Oct 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter…
21 Dec 5AM 1 min

DA tevrede met BELA-wet onderhandelinge

DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is 'n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde…
21 Dec 5AM 1 min

Hanekom op nr. 6 vir Bulle teen Haaie

Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe…
21 Dec 5AM 1 min

Neem ander padgebruikers in ag, pleit NamPol

Namibië teken jaarliks 'n kommerwekkende hoë koers van padongelukke aan, veral gedurende die feesseisoen. Dit word toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend verhoogde verkeersvolumes, roekelose bestuur en alkoholgebruik. Padongelukke lei jaarliks ​​tot talle sterftes en beserings, asook finansiële verliese. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol-kommissaris Petrus Swartz gesels, wat bestuurders versoek…
21 Dec 3AM 1 min

Grand Canyon Spur in Windhoek in ligte laaie

’n Brand het vanoggend in die vroeë oggendure by die Grand Canyon Spur-restaurant in Onafhanklikheidslaan in Windhoek se sentrale sakekern uitgebreek. Die Windhoek Brandweer het daarin geslaag om die brand te blus. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie en die omvang van die…
21 Dec 1AM 1 min