NWR se Sossusvlei-pendeldiens nou vanaf Sesriem-kampterrein

--:--
Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat hy van môre af nie meer sy pendeldiens vanaf die 2x4-area in Sossusvlei sal bedryf nie, maar ekslusief vanaf die Sesriem-kampterrein. Kliënte wat reeds vervoerbewyse of kaartjies na Dooievlei bespreek het, sal nou vanaf die Sesriem-kampterrein vervoer word. Belangstellende reisigers word versoek om hul pendelkaartjies by die kampterrein te koop. Dit kom na die omgewing-ministerie die kontrak vir ’n pendeldiens na Sossusvlei aan ’n private maatskappy, Grow Namibia, toegeken het nadat hy NWR gediskwalifiseer het omdat hul tender ná die sperdatum ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, wat uitbrei.
14 Oct 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Korridor-groep maak klinieke oop op Kongo-roete

Die Walvisbaai Korridor-groep gaan welstandklinieke langs die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor oopmaak. Die klinieke het ten doel om toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste vir vragmotorbestuurders, oorgrenshandelaars en plaaslike gemeenskappe wat op die noodsaaklike handelsroetes staatmaak, te verbeter. Die klinieke sal kritieke gesondheidsdienste verskaf, insluitend MIV-Vigs-toetsing, behandeling, berading, primêre gesondheidsorg en verwysings, asook inligting en…
14 Nov 3AM 1 min

SA se 16 dae-veldtog goedgekeur

Die buurland se Kabinet het vanjaar se veldtog vir 16-dae van aktivisme teen geslagsgeweld goedgekeur. Die veldtog van 25 November tot 10 Desember is daarop gemik om bewustheid te kweek en gemeenskapsbetrokkenheid te verhoog om geweld teen vroue en kinders te voorkom. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het…
14 Nov 3AM 1 min

Biodinamiese boerdery onder die loep

’n Biodinamiese-boerdery opleidingskursus word Saterdag op die plaas Krumhuk aangebied. Deelnemers sal die holistiese benadering tot landbou ondersoek, wat die onderlinge verbondenheid van grond, plante, diere, die kosmos en mense binne die plaas-ekosisteem beklemtoon. Die fasiliteerders is Ulf Voigts, Charlene Makondora en Aina Hauwanga. Kosmos 94.1 Nuus het met Ulf…
14 Nov 2AM 1 min

SA se vervaardigingsyfers daal, motorbedryf sukkel

Statistieke Suid-Afrika sê die buurland se vervaardigingsuitsette het in September met 0,8-persent gedaal, hoofsaaklik weens swak prestasie in die motorbedryf. Dit is die tweede maand dat uitsette afneem na 'n daling van 1,2-persent in Augustus. Nicolai Claassen van StatsSA sê die produksie van motorvoertuie, onderdele en vervoertoerusting het met 18,7-persent…
14 Nov 2AM 1 min

Matt Gaetz is Trump se prokureur-generaal

Amerika se gekose president Donald Trump het die omstrede kongreslid, Matt Gaetz, as prokureur-generaal benoem. Hy het Woensdagaand laat uit die Kongres bedank. Dit beëindig die Huis se etiekkomitee se ondersoek na bewerings van finansiële en seksuele wangedrag teen hom. Hy ontken die bewerings. ʼn Senator van die Demokratiese Party,…
14 Nov 1AM 1 min