Hoërskool-konferensie is VN in die kleine
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum in Windhoek in samewerking met die Britse hoë kommissariaat en die onderwysministerie bied op 5 en 6 November die Model Verenigde Nasies Namibië Hoërskool-konferensie aan. Vanjaar se tema is "Advancing gender equality and women empowerment to build sustainable societies". Elkeen van die 95 deelnemers sal 'n ander land verteenwoordig in 'n namaak-Verenigde Nasies. Die doelwit is om toekomstige leiers te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met die VN-inwonerkoördineerder se kantoorspanleier Carlos Fernandez gesels, wat meer inligting gee.