BetterBond verwag nog 'n rentekoersverlaging
Loading player...
BetterBond sê die aantal aansoeke vir huislenings het van die tweede tot derde kwartaal met 4,5-persent gestyg en teen ’n meer bedeesde 1,6-persent in vergelyking met die derde kwartaal van verlede jaar. Die nasionale hoof van verkope van BetterBond, Bradd Bendall, sê met inflasie nou onder die middelpunt van die teikenkoers van die Suid-Afrikaanse Reserwebank van drie tot ses-persent, word nog ʼn rentekoersverlaging verwag in November.