Boere in sekere dele van die land gaan steeds gebuk onder uiters uitdagende omstandighede te midde van voortslepende droogte en ekonomiese druk. Volgens ds. Kobus van Tonder, voorsitter van die NG Kerk se taakspan oor gemeenskapsversorging, is die situasie vir baie boere emosioneel en finansieel ondraaglik.
In ’n samelewing waar manlikheid dikwels deur onwrikbaarheid gedefinieer word, breek Dean en Carla Barnard die swye oor geestesgesondeheid met hul eerlik en hoopvolle storie. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met hulle gesels.
Die hoof uitvoerende beampte van die Senwes-groep, Francois Strydom gee ’n oorsig van die uitdagings en suksesse wat die landbousektor in 2024 ervaar het. Hy bied ook waardevolle insigte oor hoe die sektor vorentoe kan beweeg en deel ’n spesiale boodskap van dankbaarheid en hoop vir die feestyd.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.