Delf Steeds Dieper - 4 Okt 2024

--:--
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper gesels Este eerste met Elizabeth Jordaan wat verder vertel van die wel en weë en veral die geweldige invloed wat Andrew Murray op die ontwikkeling van "Kerk" in SA gehad het. Dit is veral die verskille wat in hierdie deel van die vertelling na vore kom, wat mens laat besef hoe een kerk in 'n paar vertakkinge verdeel het.

Die groot probleem met "Fetale Alkohol Sindroom" is weer op die tafel. In hierdie aanbieding vertel Rene Testa in meer detail van dit wat haar seuntjie - wat sy aangeneem het, moes deurleef. Hierdie seun is gebore met "Fetale Alkohol Sindroom" en sy vertel alles wat hul moes deurgaan om van die verslawing ontslae te raak. Hennie en Louise Burger is 'n egpaar wat hul hele lewe lank in diens van ons Vader leef, waar hulle in gehoorsaamheid een opdrag na die ander van Hom ontvang en deurvoer. Tot onlangs het hul by 'n skool in Graaff Reinet gehelp - ook met kinders wat leer probleme het as gevolg van hierdie alkohol sindroom. Luister en leer.
4 Oct Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf steeds Dieper - 11 Okt 2024

Saterdag 12 Oktober is die datum waarop Yom Kippur vanjaar gevier word. Op verskillende plekke word groot dinge gereël, onder andere in Pretoria by Loftus Versveld - Saterdag 3namiddag. Om te besig oor waarom ons aan so iets moet deel hê, gesels ons eerste met Marinda du Preez wat die…
11 Oct 1 hr 31 min

Delf steeds dieper - 27 Sept 2024

Elizabeth Jordaan vertel verder van die invloed wat Andrew Murray Junior in SA gespeel het. Hierdie vertellinge laat mens verstaan hoe kerkskeuring in daardie dae plaasgevind het. Dit gee ons selfs insig in die kern verskille tussen denominasies wat ons steeds beleef. Amanda Swanepoel gesels al die pad uit die…
27 Sep 1 hr 32 min

Delf Steeds Dieper - Vrydag 20 Sept 2024

In Bloemfontein in die Vrystaat word daar volgende naweek weer ‘n groot geleentheid aangebied – Time2Rise. Ry Vrystaat toe en woon dit by – Arno van Niekerk vertel meer daarvan as eerste spreker na 9vm. Afhanklikheid, ook van alkohol, is steeds ‘n groot probleem. Om ons beter begrip van die…
20 Sep 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - Vrydag 13 Sept 2024

Hugo van Niekerk is ‘n man met een groot passie vir siele. Sy passie is gemik op die uitbreiding van die Koninkryk van ons Hemelse Vader in Afrika. Sy visier is veral gerig op die JEUG van AFRIKA – die groep op ons kontinent wat die vinnigste en grootste groei…
13 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper - Vrydag 6 Sept 2024

Pastoor Werner van der Walt kom kuier saam om te gesels oor die groot belangrikheid van vergifnis - hy skoei graag sy lering op dit wat met Josef gebeur het. Elizabeth Jordaan deel ook verder met ons oor die baie belangrike en groot invloed wat Andrew Murray op die mense…
6 Sep 1 hr 28 min