Somergraan- en oliesadeproduksie-voorspelling 2023/24: 'n Afname in lewering en oes

Loading player...
Suid-Afrika is op sy agtste somergraan- en oliesadeproduksieskatting vir die 2023/24-seisoen. Aangesien ons aan die einde van die seisoen is en binnekort in die optimale plantvenster vir die 2024/25-produksieseisoen vanaf middel Oktober sal wees, was kenners van mening dat daar geen groot hersienings van die produksiesyfers op hierdie laat stadium sou wees nie. Agbiz hoofekonoom, Wandile Sihlobo, verduidelik egter dat ons nie 'n tipiese seisoen agter die rug het nie, en die laer produsentelewerings wat die afgelope paar weke waargeneem was, nie net 'n funksie van opberging op die plaas is nie, maar van 'n swak oes.
30 Sep 2024 9AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Tydens die Kersseisoen is daar 'n styging in misdaad

Tydens die kersseisoen, is daar 'n styging in verskeie misdade soos plaasaanvalle, veediefstal, onwettige jag met honde en koperdiefstal. Isabel van Tonder gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger en veediefstalspesialis by Vrystaat Landbou, hieroor.
8 Dec 10PM 2 min

Johan Marais gesels oor smokkelhandel van reptiele

Smokkelhandel van reptiele neem toe en dis in gevalle so erg dat sommige van die diere as hoogs bedreigd in Suid-Afrika verklaar is. Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, Hoof van die Afrika Slangbyt Instituut in Pretoria oor die aktiwiteite.
7 Dec 10PM 5 min

Johann van Graan tree na 27 jaar af by Vrystaat Landbou

Die voormalige finansiele bestuurder van Vrystaat Landbou, Johann van Graan, het na 27 jaar diens afgetree. Isabel van Tonder gesels met hom om te hoor wat is die hoogtepunte van sy loopbaan en wat is sy toekomsplanne.
7 Dec 10PM 3 min