Ramaphosa het verskeie opsies met NVG

--:--
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir voorstelle om oplossings te vind vir die besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering moet aangegryp word. Die president het die NGV vóór die verkiesing in Mei onderteken, hoewel dit is nog nie gepromulgeer en in werking gestel is nie. Makone Maja van die instituut sê 'n aantal alternatiewe vir die NGV wat Ramaphosa kan oorweeg, sluit in bekostigbare mediese fondse, verpligte mediese fondse vir die formele sektor en gesondheidskoepons:
17 Sep 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shifeta se plan vir renosterhoring-verwerking is reg

Omgewingsminister Pohamba Shifeta het onlangs gesê Namibië kan oorweeg om sy voorraad renosterhorings binnelands te gebruik. Hy het beklemtoon dat die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, of Cites, slegs internasionale handel in renosterhorings verbied. Shifeta sê dat die gebruik van renosterhorings vir farmaseutiese doeleindes mediese toeriste kan lok…
19 Sep 12AM 1 min

Kenner sê daar's voordele vir BRICS-lidmaatskap

Die plaaslike ekonoom Josef Sheehama het onthul dat Namibië gaan aansoek doen om BRICS-lidmaatskap. Dit kan vele voordele vir die land inhou, veral omdat daar reeds sake-betrekkinge met heelwat van die lande in die BRICS Plus-alliansie is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede…
19 Sep 12AM 1 min

Nuwe LP vra vir BIG

Linus Muchila van die All People's-party is op 13 September in die Nasionale Vergadering deur regter Dave Smuts as parlementslid ingesweer. Hy vervang Erastus Shuumbwa wat uit die Nasionale Vergadering bedank het. Muchila het sy nooienstoespraak in die parlement gelewer en die belangrikheid van 'n basiese inkomstetoelaag beklemtoon.
18 Sep 11PM 1 min

Minister maan oor versigtige oorweging van witskrif op immigrasie

Binnelandse sake-minister Leon Schreiber sê 'n finale Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming sal ooreenstem met die regering van nasionale eenheid se doelwitte. Schreiber beklemtoon hoe noodsaaklik noukeurige oorweging is voordat die witskrif teen 2027 aangebied word. Hy sê die hervormings het ten doel om die immigrasiestelsel te hersien en…
18 Sep 11PM 1 min