IUM se Namwandi praat oor politiek en kampusse

--:--
Unam se verbod op politieke aktiwiteite op kampus het sedert Vrydag amok veroorsaak. Eers is 'n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging deur sekuriteit stopgesit, glo omdat die PDM-parlementslid Inna Hengari 'n spreker sou wees. Daarna is die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat om met verkiesingsverwante aktiwiteite voort te gaan. Beide die PDM en LPM het die Unam-bestuur van vooroordeel beskuldig. Maandoggend het die twee partye se jeugbevele teen die verbod betoog en Unam se ingange versper. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Namibië, oor die instelling se beleid oor politieke byeenkomste op kampus.
17 Sep 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shifeta se plan vir renosterhoring-verwerking is reg

Omgewingsminister Pohamba Shifeta het onlangs gesê Namibië kan oorweeg om sy voorraad renosterhorings binnelands te gebruik. Hy het beklemtoon dat die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, of Cites, slegs internasionale handel in renosterhorings verbied. Shifeta sê dat die gebruik van renosterhorings vir farmaseutiese doeleindes mediese toeriste kan lok…
19 Sep 12AM 1 min

Kenner sê daar's voordele vir BRICS-lidmaatskap

Die plaaslike ekonoom Josef Sheehama het onthul dat Namibië gaan aansoek doen om BRICS-lidmaatskap. Dit kan vele voordele vir die land inhou, veral omdat daar reeds sake-betrekkinge met heelwat van die lande in die BRICS Plus-alliansie is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede…
19 Sep 12AM 1 min

Nuwe LP vra vir BIG

Linus Muchila van die All People's-party is op 13 September in die Nasionale Vergadering deur regter Dave Smuts as parlementslid ingesweer. Hy vervang Erastus Shuumbwa wat uit die Nasionale Vergadering bedank het. Muchila het sy nooienstoespraak in die parlement gelewer en die belangrikheid van 'n basiese inkomstetoelaag beklemtoon.
18 Sep 11PM 1 min

Minister maan oor versigtige oorweging van witskrif op immigrasie

Binnelandse sake-minister Leon Schreiber sê 'n finale Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming sal ooreenstem met die regering van nasionale eenheid se doelwitte. Schreiber beklemtoon hoe noodsaaklik noukeurige oorweging is voordat die witskrif teen 2027 aangebied word. Hy sê die hervormings het ten doel om die immigrasiestelsel te hersien en…
18 Sep 11PM 1 min