Mevrou se nuwe seisoen

--:--
Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos.

Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker … totdat een oor haar woorde struikel.

* Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
17 Sep Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou wonder oor die doeke braai

Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor…
22 Oct 21 min

Mevrou se skandes by die hoërskool re-unie

Mevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In…
15 Oct 21 min

Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter

Daar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit?…
7 Oct 21 min

Mevrou se sonde met die bure

Die Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda…
1 Oct 23 min

Mevrou brul oor die brille en die pille

Dit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van…
24 Sep 19 min