DA eis antwoorde oor Covid-19-vraghouerhuise

--:--
Die DA eis antwoorde van die menslike nedersettings-departement in Gauteng oor onverklaarbare vertragings om tydelike Covid-19-vraghouerhuise toe te ken. Die DA-woordvoerder vir menslike nedersettings, Mervyn Cirota, waarsku die vertraging van vier jaar het gelei tot onwettige besetting en vandalisme, terwyl gefrustreerde inwoners wag op waardige behuising.
14 Sep 2024 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Aktivis geskok, teleurgesteld oor nuwe Huwelikswet

Reaksie stroom steeds in na die publikasie van die Huwelikswet van 2024 in die Staatskoerant. Die wet, wat opspraak verwek het toe dit deur Swapo-lid Jerry Ekandjo as 'n privaatlede wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelê is, verbied die erkenning van selfdegeslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande…
21 Jan 9AM 1 min

Hoe moet instansies salarisse betaal met soveel studenteskuld?

Die ministerie van hoër onderwys het 'n opdrag uitgereik dat alle instansies resultate aan studente bekend maak, ongeag hul uitstaande skuld, en dat gegradueerdes wat nog skuld het, hul kwalifikasies ontvang. David Namwandi, die stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur, het gemengde gevoelens hieroor. Namwandi het aan Kosmos 94.1…
21 Jan 9AM 1 min

Nama-leiers pleit by Mbumba oor volksmoord-gesprekke

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en die Ovaherero Tradisionele Owerheid is gekant teen Namibië en Duitsland se onderhandelinge oor die volksmoord van 1904-1908, met verwysing na uitsluiting van samesprekings, onvoldoende skadevergoeding en 'n gebrek aan wetlike aanspreeklikheid. Hulle verwerp Duitsland se aanbod van 1,1 miljard euro as onvoldoende en die voorgestelde…
21 Jan 9AM 1 min

Geen nuwe goewerneurs, sê Mbumba na Grensafbakeningskommissie-verslag

Die Grensafbakeningskommissie het sy verslag oor kiesafdeling- en streekwysigings ingedien, en president Nangolo Mbumba het na aanleiding van die verslag verklaar dat geen nuwe goewerneurs aangestel sal word nie. Die paneel het die bevindinge aan die president voorgelê saam met 'n versoek om sewe streeksgrense te wysig. Die kommissie se…
21 Jan 9AM 1 min

IPC se Ndeshihafela Larandja is nuwe Windhoek burgemeester

Die Stad Windhoek se raadslede het uiteindelik vandag vergader om nuwe ampsdraers te verkies. Ndeshihafela Larandja van die IPC is as die nuwe burgemeester van Windhoek aangewys. Die verkiesings is nog aan die gang. Voorsittende landdros Immanuel Udjombala het die stemme vir die burgemeesterspos aangekondig.
21 Jan 9AM 1 min