Cosatu veroordeel vervolging van Nigeriese vakbondleier

Loading player...
Cosatu sê hy veroordeel die volgehoue teistering en vervolging van die president van die Nigeriese Arbeidskongres, Joe Ajaero. Hy was Maandag op pad om die Britse Vakbond Kongres se konferensie in Londen by te woon, toe staatsveiligheidsagente hom by die lughawe in Abuja in hegtenis geneem het. Zanele Sabela van Cosatu sê hulle bly in kontak met die Nigeriese Arbeidskongres om te verseker dat Ajaero se regte en veiligheid ten volle beskerm word.
12 Sep 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter…
21 Dec 5AM 1 min

DA tevrede met BELA-wet onderhandelinge

DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is 'n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde…
21 Dec 5AM 1 min

Hanekom op nr. 6 vir Bulle teen Haaie

Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe…
21 Dec 5AM 1 min

Neem ander padgebruikers in ag, pleit NamPol

Namibië teken jaarliks 'n kommerwekkende hoë koers van padongelukke aan, veral gedurende die feesseisoen. Dit word toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend verhoogde verkeersvolumes, roekelose bestuur en alkoholgebruik. Padongelukke lei jaarliks ​​tot talle sterftes en beserings, asook finansiële verliese. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol-kommissaris Petrus Swartz gesels, wat bestuurders versoek…
21 Dec 3AM 1 min

Grand Canyon Spur in Windhoek in ligte laaie

’n Brand het vanoggend in die vroeë oggendure by die Grand Canyon Spur-restaurant in Onafhanklikheidslaan in Windhoek se sentrale sakekern uitgebreek. Die Windhoek Brandweer het daarin geslaag om die brand te blus. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie en die omvang van die…
21 Dec 1AM 1 min