Jagters van droogtehulp-wild dra eie koste: Shifeta
--:--
Die kabinetsbesluit van Namibië om 723 stuks wild te jag om die droogtehulp aan te vul lok steeds wyd reaksie uit. Die kwessie het ook die Nasionale Vergadering bereik. Die president van die opposisie Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het aan die minister van omgewingsake, Pohamba Shifeta, gevra hoe die jag van die diere verloop en hoeveel dit kos. Shifeta sê dat die professionele jagters wat gebruik word, hul eie onkoste betaal.