Proteas kies jonges vir toer na VAE
--:--
Krieket: Verskeie sleutelspelers kry ’n blaaskans tydens die Proteas se toer na die Verenigde Arabiese Emirate vir drie eendagwedstryde teen Afganistan en twee T20’s en drie eendagwedstryde teen Ierland. Die 21-jarige veelsydige Andile Simelane van die Dolphins is die eerste keer ingesluit om blootstelling op nasionale vlak te kry. Nog ’n veelsydige Dolphins-speler, Jason Smith, en die draaibouler van die Lions, Nqaba Peter, is albei die eerste keer in die eendaggroep ingesluit. Die Proteas se witbal-afrigter, Rob Walter, sê hulle wil meer veelsydige spelers ontwikkel.