Sone 1, of Khomas, wys hoogste sonale inflasie
--:--
Die jaarlikse inflasiekoers was in Augustus 4,4 persent, volgens die jongste Namibië Verbruikersprysindeks-verslag deur die Namibië Statistieke Agentskap. Inwoners van Sone 1 het die meeste betaal vir piesangs teen 31 dollar 56 sent 'n kilogram, gevolg deur Sone 3-verbruikers wat 31 dollar 38 sent betaal het. In sone 2 het verbruikers 29 dollar 21 sent betaal. 'n Bottel sonneblomolie was egter die duurste in Sone 2 teen 30 dollar 91 sent, gevolg deur Sone 3 waar dit 31 dollar 32 sent gekos het. In Sone 1 was die prys 30 dollar 67 sent. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, het meer inligting oor die sonale inflasiekoerse.