Saftu ontstoke oor bankbase se R475 452-per-dag salaris

Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu het die hoë inkomste van banke se uitvoerende hoofde veroordeel. Die woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, sê onlangse syfers het getoon die vergoeding van bestuurslui van die land se vier groot banke beloop miljoene. Sy sê in die 2023-boekjaar het Investec se uitvoerende hoof, Fani Titi, 175-miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar verdien, of 475 452-rand per dag, wat meer as 'n gemiddelde werker se jaarlikse salaris is.
10 Sep 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter…
21 Dec 5AM 1 min

DA tevrede met BELA-wet onderhandelinge

DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is 'n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde…
21 Dec 5AM 1 min

Hanekom op nr. 6 vir Bulle teen Haaie

Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe…
21 Dec 5AM 1 min

Neem ander padgebruikers in ag, pleit NamPol

Namibië teken jaarliks 'n kommerwekkende hoë koers van padongelukke aan, veral gedurende die feesseisoen. Dit word toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend verhoogde verkeersvolumes, roekelose bestuur en alkoholgebruik. Padongelukke lei jaarliks ​​tot talle sterftes en beserings, asook finansiële verliese. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol-kommissaris Petrus Swartz gesels, wat bestuurders versoek…
21 Dec 3AM 1 min

Grand Canyon Spur in Windhoek in ligte laaie

’n Brand het vanoggend in die vroeë oggendure by die Grand Canyon Spur-restaurant in Onafhanklikheidslaan in Windhoek se sentrale sakekern uitgebreek. Die Windhoek Brandweer het daarin geslaag om die brand te blus. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie en die omvang van die…
21 Dec 1AM 1 min