LPM-jeug kap regering oor duur groenwaterstof-beraad kaartjies

--:--
Die groenwaterstof-beraad wat verlede week plaasgevind het, lok nog steeds reaksie uit. Die Engelse dagblad Namibian Sun het berig dat die kaartjies meer as 30 000 Namibiese dollar gekos het. Die woordvoerder van die Landless Peoples Movement se jeug element, William Minnie, het by 'n perskonferensie die party se sienings uiteengesit. Hy sê dit is 'n skande dat gewone Namibiërs nie seggenskap het oor hullle natuurlike hulpbronne nie.
10 Sep 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nust, vakbonde kom ooreen oor salarisverhogings

Nust, die Namibië Openbare Werkersunie en die Onderwysersunie van Namibië het ooreengekom oor salarisverhogings vir die universiteit se personeel. Administratiewe en akademiese personeel sal 'n verhoging van 7 persent ontvang, terwyl uitvoerende bestuur 'n verhoging van 4,9 persent sal kry. Daarbenewens sal spesifieke posgrade vervoertoelae ontvang. Beide Nust en die…
14 Oct 12PM 1 min

Giwusa verwerp veranderings aan Arbeidsverhoudingwet

Die nywerheidsvakbond Giwusa verwerp die voorgestelde veranderings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. Giwusa-woordvoerder, Koketso Phasha, sê werkgewers en die regering maak voorstelle wat neerkom op ʼn aanval op die regte van werkers waarvoor hard baklei is. Hy sê die hoofdoelwit van hierdie voorgestelde wysigings is om werkersregte te vernietig en…
14 Oct 12PM 1 min

Help die polisie, vra familie van vermoorde student

Familielede van die 24-jarige vermoorde student Matheus Sheehama en die gemeenskap van Walvisbaai het 'n optog deur die dorp gehou vir "geregtigheid vir Sheehama". Hulle doen 'n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en die polisie in hul ondersoek te help. Sheehama is na bewering by…
14 Oct 11AM 1 min

ATM verskil van DA oor duur reddingsboeie

Die African Transformation Movement sê hy is gekant teen die DA se versoek aan die regering om reddingsboeie aan staatsondernemings te staak. Suid-Afrika het in die afgelope tien jaar meer as 350-miljard Suid-Afrikaanse rand aan reddingsboeie vir staatsondernemings bestee. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die DA se standpunt weerspieël 'n…
14 Oct 11AM 1 min

NWR se Sossusvlei-pendeldiens nou vanaf Sesriem-kampterrein

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat hy van môre af nie meer sy pendeldiens vanaf die 2x4-area in Sossusvlei sal bedryf nie, maar ekslusief vanaf die Sesriem-kampterrein. Kliënte wat reeds vervoerbewyse of kaartjies na Dooievlei bespreek het, sal nou vanaf die Sesriem-kampterrein vervoer word. Belangstellende reisigers word versoek om hul…
14 Oct 11AM 1 min