Ekoloog sê oor hitte en impak op Namibië
--:--
Die toenemende hitte wat Afrika en groot dele van die wêreld ervaar, is kommerwekkend. Die hoë temperature raak grondgehalte, grassoorte en die moontlikheid van gewasse se verbouing in verskeie gebiede. Jaar op jaar word die temperatuurrekords oorskry en vir Namibië, wat staatmaak op reënval vir voedselverbouing, is dit ‘n uitdaging. Ekoloog dr. Peter Cunningham het sy mening so verwoord.