Onderwys-direkteur verduidelik afdankingsproses

Network error while loading playlist url
Die onderwys-ministerie het in 'n verklaring die omstandighede verduidelik rondom die afdanking van onderwyser Petrus Ndeulita van die Hashiyana Primêre Skool in die Oshana-streek. Ndeulita het blykbaar ’n leerder by die skool gestraf deur hom vir ’n uur lank ’n stoel in die lug te laat hou. Uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê dat Ndeulita, soos alle onderwysers in diens van die ministerie, met sy aanstelling op 2 April 2019 'n eed afgelê het teen die gebruik van lyfstraf. Kosmos 94.1 Nuus het met Steenkamp gesels, wat sê die saak is van 'n ernstige aard en Ndeulita kan teen sy afdanking appelleer.
14 Aug 2024 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Rooibos word internasionale liefling

Die rooibosbedryf is aan die voorpunt van Suid-Afrika se groei in die globale kruiemark, met uitvoere van rooibostee wat geleidelik toeneem. Volgens die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Adele du Toit, is die groeiende gewildheid van die tee in markte soos Europa, Amerika en Asië 'n bewys van sy gesondheidsvoordele…
21 Jan 11PM 1 min

GRN teleurgesteld oor Trump se omkeer van Biden se Kuba-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het Kuba weer op die Verenigde State se lys van state geplaas wat na bewering internasionale terrorisme borg. Dit kom net 'n week na voormalige president Joe Biden Kuba van die lys verwyder het. Die Namibiese regering veroordeel die besluit en sê dit simboliseer nie werklik…
21 Jan 10PM 1 min

Cosatu vra SARB om by Ithala-krisis in te gryp

Cosatu versoek die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die regering en die Nasionale Tesourie en al sy afdelings om hul regulatoriese rol baie ernstig op te neem en in te gryp by die Ithala-bank-krisis. Cosatu-woordvoerder, Edwin Mkhize, sê die Omsigtigheidsowerheid van die Reserwebank het reeds by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, aansoek gedoen…
21 Jan 10PM 1 min

Studente kry uitslae, kwalifikasies ongeag skuld en Nanso juig

Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het opgewondenheid uitgespreek ná 'n opdrag van die ministerie van hoër onderwys dat alle gegradueerdes, ongeag hul skuld, hul kwalifikasies moet ontvang. Studente met uitstaande fooie se uitslae moet ook bekend gemaak word. Jessy Abraham, Nanso se woordvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie inisiatiewe weerspieël…
21 Jan 11AM 1 min

Eskom mik na jaar sonder beurtkrag

Suid-Afrika het Maandag teen middernag 300 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag beleef en Eskom skryf dit toe aan die Opwekkingsherstelplan. Die kragverskaffer sê hierdie mylpaal is gekenmerk deur ʼn aansienlike afname in onbeplande kragonderbrekings, ʼn verbetering van sowat sewe-persent in die energiebeskikbaarheidsyfer en dieselbesparing van ongeveer 16,42-miljard-rand. Eskom se woordvoerder, Daphne…
21 Jan 11AM 1 min