Die Teenkorrupsie-kommissie het 'n 20 miljoen Namibiese dollar-toekenning van die Europese Unie ontvang om sy stryd teen korrupsie te versterk. Die toekenning, wat in vennootskap met die VN se Ontwikkelingsprogram en die regering bestuur word, het ten doel om die kommissie se kapasiteit te versterk en die implementering van die…
City Power doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om te help om onwettige mynwerkers te verwyder wat in ondergrondse tonnels in Johannesburg se middestad lewe en koperkabels steel. Dit volg na ʼn voorval toe City Power-sekerheidswagte en die zama-zamas in ondergrondse tonnels op mekaar geskiet het. Volgens berigte is twee vermeende…
Sal president Donald Trump ‘n kwytskelding gee aan Julian Assange? Oud-president Joe Biden het talle kwytskeldings gegee voor hy die amp verlaat het maar nie aan Assange nie. Trump se bondgenoot en nominasie vir gesondheidsminister Robert Kennedy Jr. het in Februarie verlede jaar, toe hy nog as onafhanklike kandidaat ‘n…
’n Opruimingsveldtog-kompetisie vind Saterdag in Maltahöhe plaas en die publiek word aangemoedig om hul spanne te registreer. Deelnemers sal help om die dorp skoon te maak in 'n gesamentlike poging om hul omgewing te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met een van die organiseerders, Piet Bamm, wat sê die…
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika kan sy beleggingsgraad-kredietgradering binne twee jaar terugkry. Die land is in 2020 tot volle rommelstatus afgradeer toe Moody's Ratings sy skuld-assessering afwaarts aangepas en die land die eerste keer in 25 jaar sonder ʼn beleggingsgraad-gradering gelaat het. Godongwana sê in ʼn SABC-onderhoud…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.