Boer vertel oor elektrisiteit probleme

Loading player...
Eskom se jongste plan om drastiese prysverhogings in te stel ten opsigte van vaste kostes, kan die landboubedryf op sy knieë dwing. Die huidige voorstel behels ’n aanpassing van die koste-struktuur van 30% vaste koste en 70% kraggebruik, na ’n omgekeerde verhouding van 70% vaste koste en 30% kraggebruik. Vrystaat Landbou het reeds laat weet dat hulle die versoek gaan teenstaan wanneer NERSA openbare kommentaar in hierdie verband aanvra. Produsente glo dat hierdie plan eenvoudig nie haalbaar is vir die landboubedryf nie. Niel Kruger van die plaas Schietfontein in die Philippolis-distrik in die Vrystaat, deel sy ervaring…
11 Jun 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min